Die hof vra hoe Zuma sal leef as hy sy skuld betaal
- Nadia Pieters
- 1 day ago
- 1 min read
Die Gauteng-hooggeregshof bevraagteken hoe die voormalige president,
sal leef as sy pensioenvoordeel aangeheg word om miljoene terug te betaal wat gebruik is om sy verdediging in die korrupsieverhoor te finansier.
Zuma het eise teengestaan dat hy die meer as R28 miljoen wat die staat aan sy regskoste bestee het, terugbetaal.
Die staatsadvokaat en die Presidensie sê Zuma het versuim om die geld te betaal nadat hulle ‘n aanmaningsbrief aan hom gestuur het.
Intussen beweer Zuma dat die geld nie persoonlik aan hom betaal is nie en dat hy dit nooit sal kan terugbetaal nie.
Regter Anthony Millar sê ‘n bevel vir die beslaglegging van Zuma se hele pensioen was basies ‘n bevel om hom te verarm.

Comments