Die identiteit van 'n oorledene in Kroonstad is nog nie bekend nie
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 29, 2025
- 1 min read
'n Nadoodse ondersoek in verband met die oorskot van ‘n jong man wat verlede week op ‘n plaas buite Kroonstad opgegrawe is, vind in Bloemfontein plaas.
VrystaatKroon berig polisiewoordvoerder, Kapt. Lorraine Earl, het dit bevestig.
Die man se identiteit sal bevestig word sodra sy naasbestaandes hom uitgeken het.
Rosestad-nuus het vroeër berig die gru-vonds van die man se lyk is op Woensdag 20 Augustus op ‘n plaas in die Kroonstad-distrik deur die owerhede gemaak nadat ‘n wenk uit die gemeenskap hieroor ontvang is. Hy is vermoedelik vermoor en hier begrawe.
‘n Taakspan van Bloemfontein het die leidrade opgevolg, wat hulle na die plaas gelei het. Niemand is nog in hegtenis geneem nie, en die ondersoek duur voort.






Comments