top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die Inkomstediens oorhandig meer as 100 sake aan die NVG

Writer: Saamgestel deur Jana Roos
Saamgestel deur Jana Roos
56 minutes ago
1 min read

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het vanjaar meer as 100 sake wat verband hou met kommissies van ondersoek aan die Nasionale Vervolgingsgesag oorhandig, as deel van pogings om vermeende belastingverwante misdade op te volg.


Die Inkomstediens se kommissaris, Johnstone Makhubu, het dit onthul tydens die RMB Think Budget-ontbyt na die aanbieding van die mediumtermyn-begrotingsbeleidsverklaring in die parlement.


Hy sê die twee agentskappe werk saam om ondersoeke te bespoedig te midde van 'n moontlike agterstand van ongeveer 'n duisend belastingverwante sake. Die Inkomstediens beplan ook om tegnologie in te stel om aksynsbelaste produkte op te spoor en onwettige handel in sigarette, alkohol en farmaseutiese produkte te bestry.


Ter illustrasie. FOTO: Moneyweb
Ter illustrasie. FOTO: Moneyweb

 
 
 

Comments


bottom of page