Forum4SA is bekommerd oor die hersiene Witskrif oor Plaaslike Regering

2 hours ago
1 min read
Forum for South Africa (Forum4SA) waarsku dat die hersiene Witskrif oor Plaaslike Regering munisipale outonomie en plaaslike demokrasie kan verswak.
President Cyril Ramaphosa het die beleid Donderdag bekend gestel. Dit is daarop gemik om sistemiese swakhede aan te spreek en dienslewering te verbeter. Volgens Forum4SA kan die voorgestelde hervormings die vermoë van verkose munisipale administrasies beperk om hul verkiesingsbeloftes na te kom.
Die organisasie se leier, Tebogo Mashilompane, vra vir betekenisvolle openbare deelname voordat die voorgestelde hervormings geïmplementeer word.
LUISTER HIER:
Tebogo Mashilompane









Comments