Die interministeriële migrasie-komitee lig SA in oor sy werk

Sep 8
1 min read
Die interministeriële komitee oor migrasie sal na verwagting Dinsdag die media toespreek om Suid-Afrikaners op hoogte te bring van sy werk.
Die komitee is geskep ná landwye protesoptrede teen ongedokumenteerde buitelanders.
President Cyril Ramaphosa het verlede maand tydens 'n SAOG-beraad 'n beroep gedoen dat lande in die streek die kwessies moet takel wat tot migrasie lei.
Hy sê mense behoort nie na ander lande te trek omdat hulle veiligheid bedreig word of weens 'n gebrek aan ekonomiese geleenthede nie.








Comments