top of page

Die Jagersfontein-myn kan voortgaan ondanks 'n skokverslag

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Dec 1, 2025
  • 1 min read

Die departement van water en sanitasie het die Jagersfontein-myn toegelaat om met werksaamhede voort te gaan, ondanks ’n skokkende verslag oor die 2022-stortingsdam-ongeluk.


Newskoop berig die verslag, wat die naweek vrygestel is, dui aan dat bestuur moontlik van die gevaar bewus was en dat die dam sonder ’n geregistreerde ingenieur se ontwerp gebou is. Twee mense is dood en een vermis nadat die damwal gebreek het.


Die verslag is aan die kabinet gestuur om nuwe regulasies te help vorm, terwyl mynverteenwoordigers in die Vrystaatse hooggeregshof vervolg word.


Intussen berig Netwerk24 die Lerumo Justice Forum in Jagersfontein sê inwoners weet nie meer wie aanspreeklik gehou moet word nie. Hulle sê die verslag moet die skuldiges uitwys sodat hulle hul foute kan regmaak.


Die Jagersfontein-ramp in 2022. FOTO: Netwerk24
Die Jagersfontein-ramp in 2022. FOTO: Netwerk24

 
 
 

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page