Die Jagersfontein-slikrampsaak se verhoor is uitgestel
- Armando Pieters

- Sep 11
- 1 min read
Die verhoor teen die beskuldigdes in die Jagersfontein-slikramp wat tot die dood van minstens drie mense gelei het, is uitgestel.
Hulle het Woensdag die eerste keer in ’n stampvol landdroshof op die dorp verskyn.
Netwerk24 berig die saak sal na die hooggeregshof in Bloemfontein oorgeplaas word. Die beskuldigdes sal op meer as 130 aanklagte verskyn, insluitend moord en grootskaalse omgewingsbesoedeling.
Hulle is op eie verantwoordelikheid vrygelaat en die saak is tot 22 Oktober uitgestel.
Luidens die lykskouingsverslag het twee van die oorledenes tekens getoon wat ooreenstem met verdrinking. Een slagoffer word steeds vermis.
Eiendomme is beskadig of verwoes in die ramp, en talle mense is beseer.





Comments