Die Jagersfontein-slikrampverhoor skuif na die hooggeregshof
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Apr 23
- 1 min read
Die verhoor van vyf mans en drie maatskappye weens die Jagersfontein-slikramp in 2022, wat tot die dood van minstens drie mense gelei het, is Woensdag in die landdroshof in die dorp vir ’n voorverhoor in die hooggeregshof in Bloemfontein uitgestel.
Netwerk24 berig die vyf verdagtes en drie maatskappye sal na verwagting op 4 Augustus hul eerste verskyning maak. Intussen het twee verdagtes en die een maatskappy vertoë tot die direkteur van openbare vervolgings in die Vrystaat gerig om die strafregtelike aanklagte teen hulle te laat vaar.
Die beskuldigdes, onder wie ’n nakomingsbeampte en ’n bedryfsbestuurder, staan tereg op meer as 130 aanklagte, onder andere moord, grootskaalse omgewingsbesoedeling, versuim om aan die voorwaardes van die watergebruikslisensie te voldoen, die verskaffing van vals en onvolledige inligting, die versuim om ’n dam met ’n veiligheidsrisiko te registreer en die ongemagtigde wysiging van ’n dam wat ’n veiligheidsrisiko inhou.






Comments