top of page

Die Lengau-toetssentrum is weereens gesluit

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Dec 20, 2025
  • 1 min read

Die Lengau-toetssentrum in Bloemfontein is weereens weens onveilige toestande gesluit. Die Vierde Raadzaal is ook onlangs om dié rede ontruim.


Bloemnuus berig die DA se woordvoerder vir paaie en vervoer in die Vrystaatse wetgewer, Jafta Mokoena, sê dié sluiting is baie ontydig aangesien padveiligheid en nakoming van verkeersreëls van uiterse belang is nou dat duisende motoriste oor die feesseisoen reis. Hy sê deurlopende nalatigheid het gelei tot 'n lekkende dak en sigbare krake in die mure, wat dui dat die departement roetine-instandhouding moet prioritiseer.


Mokoena sê die sluiting het onmiddellike en ver-reikende gevolge; onder andere wil leerders wat sopas hul matriek-eksamens afgelê het, hul bestuurslisensies kry om werk en ander geleenthede te kan bereik.


Die DA doen 'n dringende beroep op die LUR vir paaie en vervoer, Jabu Mbalula, om die krisis onmiddellik op te los.


Jafta Mokoena. FOTO: Bloemnuus
Jafta Mokoena. FOTO: Bloemnuus

 
 
 

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page