top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die Madlanga-kommissie veroordeel die beweerde intimidasie van joernaliste

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 21
1 min read

Die Madlanga-kommissie van ondersoek veroordeel die beweerde intimidasie van joernaliste by sy verhore. Dit volg nadat sakeman Stuart Scharnick Donderdag tydens die verrigtinge in hegtenis geneem is.


Scharnick is ’n vennoot van die geskorste adjunk-nasionale polisiekommissaris Shadrack Sibiya.


Hy is in hegtenis geneem nadat ‘n joernalis van die Sowetan, Herman Moloi, ’n intimidasiesaak teen hom aanhangig gemaak het. Moloi sê Scharnick het hom tydens die teepouse gekonfronteer en na bewering gedreig terwyl hy ’n video geneem het.


Die kommissie sê joernaliste moet in hul grondwetlike pligte gerespekteer word.


Die kommissie se woordvoerder, Jeremy Michaels, sê joernaliste speel ’n belangrike rol om die publiek te help om die verrigtinge te verstaan.


LUISTER HIER:


Jeremy Michaels

Herman Moloi. FOTO: Sowetan
Herman Moloi. FOTO: Sowetan

 
 
 

Comments


bottom of page