top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die Madlanga-Kommissie weet nog niks oor Khan se gesondheid nie

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 31
1 min read

Die Madlanga Kommissie sê hy het nog geen amptelike inligting ontvang oor die gesondheid van die geskorste adjunkhoof van Misdaadintelligensie, Feroz Khan, nie.


Dit volg na berigte dat Khan, wat gedagvaar is om Dinsdag voor die kommissie te verskyn, weer in 'n hospitaal opgeneem is.


Khan, wat aanvanklik in Julie moes getuig, is enkele dae voor sy verskyning in die Millpark-hospitaal in Johannesburg opgeneem nadat hy geskiet is in 'n vermoedelike sluipmoordaanval naby sy huis in Houghton.


Feroz Khan. FOTO: Daily Maverick
Feroz Khan. FOTO: Daily Maverick

 
 
 

Comments


bottom of page