Die Mangaung-metro beplan ’n geringe verlaging in eiendomsbelasting
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Apr 22
- 1 min read
Die Mangaung-metro beplan ’n geringe verlaging in eiendomsbelasting in sy begroting, ondanks waardasierol-verhogings van tussen 15% en ’n verstommende 50% op eiendomme in die metro.
BloemNewsExpress berig inwoners van Mangaung het nou die geleentheid om insette te lewer oor die konsepbegroting by openbare deelnamevergaderings, of om die voorgestelde verhogings aanlyn of by openbare fasiliteite te besigtig.
Die hoof finansiële beampte van die Mangaung-metro, Zuziwe Thekisho, sê die voorgestelde tariefverhogings sluit ’n -5%-aanpassing op eiendomsbelasting in om die impak van die nuwe eiendomswaardasierol te versag. Om dieselfde rede sal sanitasie geen verhoging hê nie. Die beplande elektrisiteitstarief sal met 9,9% styg, terwyl water met 14,4% sal toeneem.
Die konsepbegroting is beskikbaar op die munisipaliteit se webwerf, of kan by openbare biblioteke en munisipale kantore in al die dorpe in die metro besigtig word.








Comments