Die matriekslaagsyfer gaan onveranderd bly
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 5 days ago
- 1 min read
Die matriekslaagsyfer gaan onveranderd bly.
LP’s het Dinsdag teen Bosa se voorgestelde resolusie gestem om die slaagsyfer van 30% na 50% te verhoog.
Die MK-party, EFF, IVP, ActionSA, Rise Mazansi, Bosa en die ATM het almal ten gunste van die voorstel gestem, maar hulle stemme was nie genoeg nie. 'n Totaal van 190 LP’s het teen die voorstel gestem met 87 ten gunste daarvan.
Die leier van Bosa, Mmusi Maimane, het in sy motivering vir die voorstel gesê die land moet hoër verwagtinge aan matrikulante stel as dit enige hoop wil hê om ʼn mededingende generasie vir die toekoms te bou.






Comments