top of page

Die nasien van matriekvraestelle begin binnekort

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Nov 28
  • 1 min read

Die volskaalse nasien van die 2025-matriekeksamen sal landwyd op 1 Desember begin.


Dit volgens die Departement van Basiese Onderwys.


Vroeë nasien, wat reeds verlede week begin het, is suksesvol afgehandel, wat dit moontlik gemaak het om stelsels en nasieneropleiding te finaliseer.


Meer as 52 000 nasieners is aangestel.


Dit vorm een van die grootste spanne akademiese kundiges in die openbare sektor.


Volgens die departement is streng sekuriteit, gehalteversekeringskontroles en nasionale toesigbesoeke in plek om die geloofwaardigheid van die Nasionale Senior Sertifikaat te beskerm.


Ter illustrasie. FOTO: Student360
Ter illustrasie. FOTO: Student360

Comments


bottom of page