Die menseregtekommissie moet nou paaie in die Vrystaat ondersoek

Sep 17
1 min read
’n Klag is by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie ingedien oor die swak toestand van verskeie landelike paaie in die Vrystaat.
Die klag sluit die R709 tussen Winburg en Excelsior, die R720 tussen Koppies en Edenville, en drie paaie buite Bothaville in.
Daar word aangevoer dat swak padtoestande toegang tot gesondheidsorg, nooddienste, werk en onderwys belemmer.
Daar word ook beweer dat ambulanse sekere gebiede nie kan bereik nie en dat ’n plaaswerker vroeër vandeesmaand oorlede is weens gebrekkige toegang.
Die DA se Dulandi Leech sê die party wil hê die Menseregtekommissie moet ondersoek instel en toepaslike stappe aanbeveel.








Comments