Die Metro kry uiteindelik 'n ombudsman
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Nov 14, 2025
- 1 min read
Amper sewe jaar nadat 'n raadsbesluit deur die Mangaung Metro gemaak is, is 'n onafhanklike kantoor van die Mangaung-ombudsman aan die media bekend gemaak.
Bloemnuus berig die speaker van die Metro, Lawrence Mathae, sê die kantoor moet gratis en toeganklik vir alle inwoners wees, en 'n laaste uitweg voordat inwoners openbare vervolging nader. Hy voeg by dit sal bydra tot deursigtigheid in munisipale prosesse, en dit is 'n stap in die regte rigting vir 'n meer verantwoordbare munisipaliteit.
Die algemene bestuurder van die Metro se regsdienste, Charlie Naidoo, is as die tussentydse ombudsman aangestel terwyl die aanstellingsproses onderweg is.







Comments