Die Metro se ingang word opgeknap
- Armando Pieters

- Jul 14
- 1 min read
Bloemfontein se ingang by die N8 tot by Aljos word deur die Magaung Metro Munisipaliteit opgeknap. Luidens ‘n dienslewering-bywerking op die munisipaliteit se Facebook-blad kom dit nadat die uitvoerende burgemeester, Gregory Nthatisi, 'n verbintenis aan die inwoners tydens die Stadsrede gemaak het dat die padinfrastruktuur een van die belangrikste prioriteite is. Die omvang van die werk sluit in onder andere die verseëling van die pad, die skoonmaak van randstene, asook die oorverf van padmerke. As gevolg van die padonderhoudsprojek is sommige bane tydelik gesluit. Motoriste word versoek om versigtig en geduldig te wees asook om ekstra reistyd toe te ken.





Comments