Die munisipaliteit vra Bloemfonteiners om verskoning
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jan 26
- 1 min read
Die Manguang Metro Munisipaliteit vra Bloemfonteiners om verskoning vir die rook van ‘n onlangse brand by die stad se suidelike stortingsterrein.
In 'n kennisgewing erken hulle Bloemfonteiners se kommer oor herhalende brandvoorvalle by die munisipale stortingsterreine en die potensiële gesondheids- en omgewingsimpakte wat met hierdie brande verband hou.
Hulle bevestig dat verskeie materiale, insluitend bande, by die stortingsterrein teenwoordig is, maar wil beklemtoon dat hierdie brande nie gemagtig is nie, en doelbewus aangesteek word deur mense wat onwettig by die terreine woon.
Die munisipaliteit voeg by hulle spreek die situasie aan, en verskeie maatreëls is reeds in plek.





Comments