top of page

Mangaung-vullis word glo nie verwyder nie weens vragmotors se leë tenks

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jan 23
  • 1 min read

In sommige dele van die Mangaung-metro word vullis nou al vir drie weke nie verwyder nie. Netwerk24 berig die munisipale bestuurder, Sello More, sê die vullis is nie verwyder nie omdat daar onder meer nie diesel vir die vragmotors was nie. Hy voeg by dit sal weer van Maandag af verwyder word.


Die DA sê in 'n verklaring dit is veral ontstellend dat die LUR vir gemeenskapsdienste, Alfred Qai, in dié tyd ’n skoonmaakveldtog in Batho gelei het.


Hoewel omgewingsinisiatiewe verwelkom word, kan dit nie bo die lewering van basiese dienste geprioritiseer word nie, aangesien inwoners in ander voorstede met vullis gesit het wat buite hul huise opgehoop het.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

 
 
 

Comments


bottom of page