top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die NVG moet nog besluit oor Ntshavheni se beweerde korrupsiesaak

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
3 days ago
1 min read

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) moet nog besluit of die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, vervolg sal word in verband met ’n beweerde korrupsiesaak van twee-komma-vyf miljoen rand wat uit 2009 dateer.


Die voltooide dossier is in Junie aan die direkteur van Openbare Vervolging voorgelê en word steeds oorweeg.


Die saak spruit voort uit die beweerde uitbreiding van ’n finansiële dienstekontrak tydens Ntshavheni se ampstermyn as munisipale bestuurder van die Ba-Phalaborwa-munisipaliteit.


News24 berig dat die minister van Justisie, Mmamoloko Kubayi, gesê het dat dit gemiddeld 32 maande duur om korrupsiesake waarby parlementslede en lede van provinsiale wetgewende vergaderings betrokke is, af te handel.


NVG. FOTO: polity.org.za
NVG. FOTO: polity.org.za

 
 
 

Comments


bottom of page