top of page

Die onderwysminister sê grondslagfase-onderrig kan nie opsioneel wees nie

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Aug 26, 2025
  • 1 min read

Die Minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, het die belangrikheid van grondslagfase-onderrig beklemtoon en gesê dit is nie 'n opsionele ekstra nie.

Sy het Maandag die G20 Basiese Onderwys Nasionale Indaba in Kaapstad toegespreek.

EWN berig Gwarube het ‘n onderwysstelsel gevra waar kinders toegang tot gehalte-onderwys kan kry. Sy voeg by grondslagfase-leer is van uiterse belang in die ontwikkeling van vaardighede in geletterdheid en syfervaardigheid.

Die minister sê as die land die grondslagfase reg kan kry, sal alles anders goed uitwerk.

 
 
 

Comments


bottom of page