top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

#Verkiesing2026: Die OVK neem stappe om verkiesingsontwrigters aanspreeklik te hou

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 4
1 min read

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) sê hy neem stappe om te verseker dat diegene wat die spesiale stemproses ontwrig, aanspreeklik gehou word.


Volgens SABC News is verskeie voorvalle sedert Maandag landwyd aangemeld, waaronder peuterwerk met verkiesingsmateriaal en intimidasie van verkiesingsbeamptes.


Twee vroue is in die Oos-Kaap in hegtenis geneem nadat hulle glo probeer het om verkiesingsmateriaal by die Ngcobo-polisiestasie te steel.


In Mpumalanga is ’n kandidaat ook in hegtenis geneem nadat hy na bewering ’n stemlokaal binnegestorm en verkiesingsmateriaal beskadig het. In KwaZulu-Natal het partyondersteuners na bewering ’n bergingsplek by ’n biblioteek binnegestorm en verkiesingsbeamptes as gyselaars aangehou.


Die OVK se hoofverkiesingsbeampte, Sy Mamabolo, sê sulke optrede bedreig die integriteit van die verkiesingsproses.


Ter illustrasie. FOTO: Polity
Ter illustrasie. FOTO: Polity

 
 
 

Comments


bottom of page