top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die Parlement is bekommerd oor die poskantoor se toekoms

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 1 day ago
  • 1 min read

Die Portefeuljekomitee oor Kommunikasie en Digitale Tegnologieë in die Parlement het kommer uitgespreek oor die Suid-Afrikaanse Poskantoor se toekoms.


Dit volg nadat die poskantoor onlangs die Pretoriase Hooggeregshof genader het om sy jongste sakereddingsproses te verlaat.


Die komitee sê die poskantoor bly finansieel kwesbaar, met min bewyse van ’n volhoubare langtermyn-sakemodel buite sakeredding.


Volgens die kommitee maak hulle steeds grootliks op staatssteun en inkomste wat nie uit sy bedrywighede kom nie, staat om aan die gang te bly.


Hy vra nou vir ’n geloofwaardige, befondsde en uitvoerbare strategie wat die poskantoor se openbare diensverpligtinge met finansiële volhoubaarheid balanseer.


Ter illustrasie. FOTO: MyBroadband
Ter illustrasie. FOTO: MyBroadband

 
 
 

Comments


bottom of page