top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die pluimveebedryf waarsku oor voëlgriep

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
44 minutes ago
1 min read

Die Suid-Afrikaanse pluimveebedryf doen ’n beroep op die regering om regulasies vir grootskaalse voëlgriep-inentings te bespoedig ná ’n sewende uitbraak vanjaar.


Volgens die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging word die jongste geval in Welkom in die Vrystaat bestuur, maar waarsku dat trekvoëls steeds plaaslike pluimveeplase aan die virus blootstel.


Die vereniging sê inentingspogings word reeds byna twee jaar lank weens regulatoriese vertragings opgehou.


Die minister van Landbou, Willie Aucamp, het onderneem om hersiene inentingsprotokolle teen die einde van Desember bekend te stel.


Die bedryf sê dit kan tot ’n jaar duur om 39-miljoen voëls in te ent.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

 
 
 

Comments


bottom of page