top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Huawei is skuldig bevind aan diefstal van handelsgeheime

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
16 minutes ago
1 min read

Die Chinese tegnologiereus Huawei is skuldig bevind aan sameswering om handelsgeheime te steel en bankbedrog te pleeg in ’n belangrike verhoor in die Verenigde State.


’n Jurie in Brooklyn het die maatskappy op 10 van die 12 aanklagte skuldig bevind, waaronder sameswering om Amerikaanse sanksies te oortree.


Huawei is egter vrygespreek van die ernstiger aanklag van georganiseerde misdaad, wat beweer het dat die maatskappy as ’n kriminele onderneming bedryf is.


Huawei sê die vryspraak bevestig dat die bewerings geen feitelike grondslag het nie en dat hy sy belange sal verdedig.


Die maatskappy sal na verwagting in September volgende jaar gevonnis word en sal teen die uitspraak appelleer.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

 
 
 

Comments


bottom of page