top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die polisie soek ‘n verdagte ná diefstal by ‘n Navalsig-winkel

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 8
1 min read

Die polisie soek na ’n 28-jarige man wat glo duisende rande by ’n winkel in Navalsig gesteel het.


Volgens Vrystaatse polisiewoordvoerder, kaptein Loraine Earle, het die diefstal op 31 Augustus plaasgevind.


Die verdagte het glo toegang tot die sleutels van die winkel se kluis gekry, waarna kontant glo gesteel is.


’n Lasbrief vir Sboniso Nkabinde se inhegtenisneming is intussen uitgereik.


Mense word gewaarsku om hom nie te nader of self aan te keer nie, aangesien hy moontlik gevaarlik kan wees.


Sboniso Nkabinde. FOTO: Verskaf
Sboniso Nkabinde. FOTO: Verskaf

 
 
 

Comments


bottom of page