Die regering gaan besluit oor sy volgende stap in die Bushiri-uitleweringsaak
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Nov 3, 2025
- 1 min read
Die Suid-Afrikaanse regering sê dat hulle sal besluit oor hul volgende regstappe teen die selfverklaarde profeet Shepherd Bushiri en sy vrou, Mary.
Die Malawiese Hooggeregshof het Vrydag ‘n bevel tersyde gestel wat gelas het dat die paartjie aan Suid-Afrika uitgelewer moet word om aanklagte van bedrog en diefstal in die gesig te staar.
Uitleweringsprosedures is aan die gang sedert die paartjie uit Suid-Afrika gevlug het nadat hulle in 2020 op borgtog vrygelaat is, hangende die verhoor.
Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, het bevestig dat die staat tans die uitspraak bestudeer.
Kubayi se woordvoerder, Terrence Manase, sê diplomatieke betrokkenheid en samewerking tussen die twee nasies is noodsaaklik om te verseker dat geregtigheid seëvier.
LUISTER:




Comments