Shepherd Bushiri het ‘n uitleweringstryd teen die Suid-Afrikaanse regering gewen
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Nov 1
- 1 min read
Die selfverklaarde profeet, Shepherd Bushiri, en sy vrou, Mary, het Vrydag ‘n uitleweringstryd teen die Suid-Afrikaanse regering in Malawi gewen.
Die Hooggeregshof van Malawi het die bevel van 12 Maart wat deur die Lilongwe-landdroshof gemaak is, tersyde gestel.
Dit het gelas dat Bushiri en sy vrou aan die Suid-Afrikaanse regering oorgelewer moet word om verhoor te word vir verskeie oortredings teen hulle, insluitend bedrog en geldwassery.
Die Hooggeregshof van Malawi het onder andere bevind dat die landdros nie die lot van die Bushiris in ag geneem het nie en dat die verhoor oor die algemeen eensydig was.






Comments