top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die Regering reageer op navorsing oor sanitêre produkte

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Mar 7
  • 1 min read

Die regering sê hy sal reageer op bevindinge van ’n navorsingstudie oor sanitêre produkte wat onlangs kommer oor moontlike gesondheidsrisiko’s laat ontstaan het.


Die studie, wat verlede maand deur die Departement Chemie aan die Universiteit van die Vrystaat gepubliseer is, het die teenwoordigheid van sogenaamde endokrien-ontwrigtende chemikalieë in sommige sanitêre produkte wat in Suid-Afrika verkoop word, geïdentifiseer.


Volgens die regering het verskeie departemente en regulatoriese liggame die afgelope weke talle navrae van die publiek en die media oor die bevindinge ontvang.


Die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, sal onder meer Sondag die moontlike gesondheids- en regulatoriese implikasies van die studie bespreek.


Ter illustrasie. FOTO: UV
Ter illustrasie. FOTO: UV

 
 
 

Comments


bottom of page