Die Regterlike Dienskommissie nooi die publiek uit om kommentaar te lewer
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 1 day ago
- 1 min read
Die Regterlike Dienskommissie (RDK) nooi die publiek uit om insette te lewer oor hersiene prosedures wat die kortlys, onderhoudvoering en aanbeveling van kandidate vir regterlike aanstellings beheer.
Die hersiene prosedures spreek ook oortredings van die pligte van die RDK-lede aan met betrekking tot vertroulikheid, die wet en etiese standaarde.
Skriftelike kommentaar moet teen 17 September ingedien word.
Volgens die RDK is die hersiene prosedures daarop gemik om die prosesse wat regterlike aanstellings beheer, te versterk en te verseker dat lede hul wetlike en etiese verpligtinge nakom.








Comments