Die saak teen ‘n Bloem-prokureur is vir eers van die hofrol geskrap
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Oct 1
- 1 min read
Die verhoor van ’n Bloemfonteinse prokureur wat ’n familieonderneming na bewering uit miljoene rande met ’n eiendomstransaksie bedrieg het, is van die hofrol geskrap om die “staat kans te gee om hul sake agtermekaar te kry.”
Netwerk24 berig die streekslanddros het die verhoor van Elmarie Vosloo geskrap aangesien die klaer weens ander verpligtinge nie beskikbaar was nie.
Vosloo staan tereg op sewe aanklagte van onder meer bedrog, diefstal, geld wassery en oortredings op van die Wet op Prokureurs.
Luidens die klagstaat het sy R6 miljoen uit ‘n eiendomstransaksie ontvang wat in Vosloo-prokureurs se trustrekening gehou moes word.
Sekere betalings is uit die rekening gemaak maar Vosloo het glo van die geld wat oor was vir haar eie voordeel gebruik.






Comments