Die saak van ‘n Britse voortvlugtige is weens sy pleitooreenkoms vertraag

Sep 10
1 min read
Die saak teen die Britse burger van Zimbabwiese afkoms, Ndodana Tshuma, is in die Johannesburgse-landdroshof tot 30 September en 1 Oktober uitgestel.
Tshuma word in Brittanje gesoek vir die moord op sy vrou en twee dogters in Bedfordshire in Julie.
SABC-nuus berig Thsuma het uit Brittanje gevlug kort voordat die liggame gevind is, en is ná 'n internasionale soektog in Johannesburg vasgetrek. Hy het skuld beken op vier aanklagte wat verband hou met die onwettige besit van 'n vuurwapen en ammunisie, en die oortreding van immigrasiewetgewing.
Die saak oor sy uitlewering aan Brittanje, kan eers voortgaan sodra die plaaslike saak teen hom afgehandel is.








Comments