Die SAID en die Nasionale Verbruikerskommissie verskerp pogings om onwettige handel te bekamp

2 hours ago
1 min read
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) en die Nasionale Verbruikerskommissie verskerp hul pogings om onwettige handel te bekamp.
Die twee instellings werk aan die bekendstelling van ’n naspoor-en-opsporingstelsel om onwettige handel in sigarette en alkohol aan te pak.
MyBroadband berig die stelsel sal soos ’n elektroniese strepieskode werk.
Dit sal die SAID in staat stel om sekere produkte vanaf die vervaardigingsproses tot by kleinhandelaars op te spoor.
Die Inkomstediens en die kommissie sê die groeiende onwettige mark in produkte waarop aksynsbelasting gehef word, het wettige ondernemings ernstig benadeel.










Comments