Die SAID waarsku reisigers om nie derde partye vir verklarings te betaal nie

18 hours ago
1 min read
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) doen ’n beroep op reisigers om hul reisigersverklarings gratis deur amptelike kanale in te dien.
Die inkomstediens sê onafhanklike derdeparty-diensverskaffers vra geld vir hulp met die proses, maar is nie met die inkomstediens geaffilieer nie.
Hul fooie is ook nie staatsheffings nie.
Reisigers kan hul verklarings deur die diens se webwerf, die South African Traveller Management System-toepassing (SATMS) of die inkomstediens se MobiApp voltooi.
Die meeste reisigers wat Suid-Afrika per lug, land, see of spoor binnekom of verlaat, moet sedert Julie vanjaar voor hul reis ’n aanlyn verklaring indien.










Comments