top of page

Die soektog na die steengroef-verdrinkte se liggaam is gestaak

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Oct 20
  • 1 min read

Die soektog na die liggaam van 'n 20-jarige man wat in die steengroef by die Twin City-winkelsentrum in Heidedal verdrink het, is gestaak.


Die provinsiale woordvoerder vir die Vrystaatse polisie, sersant Mahlomola Kareli, het dit bevestig, maar sê die polisie moniteer nog ontwikkelinge by die steengroef.


Nova News berig die oorledene se identiteit is nog onbekend.


Rosestad-nuus het vroeër berig die vermoede bestaan dat die liggaam deur sterk strome na 'n dieper area van die steengroef meegesleur kon word.


FOTO: Verskaf
FOTO: Verskaf

Comments


bottom of page