Polisie soek na 'n liggaam in 'n steengroef in Heidedal
- Ilde Roos

- Oct 17
- 1 min read
Die polisie in Heidedal in Bloemfontein ondersoek die moontlike verdrinking van 'n man by 'n steengroef agter die Twin City-inkopiesentrum.
Volgens 'n polisieverklaring het die insident Donderdag gebeur toe die slagoffer en twee vriende daar gaan swem het. Die slagoffer het ingespring, maar was vinnig oorweldig en het toe na bewering verdrink.
Die Heidedal-polisie en die Bloemfonteinse duik-eenheid is ontbied, en 'n soektog is begin. Teen laat die aand moes die ondersoek gestaak word weens swak lig.
Die soektog het Vrydag hervat, maar die vermoede bestaan dat die slagoffer deur strome na 'n dieper area van die steengroef weggedra kon wees.
Die soektog duur egter voort in samewerking met die Welkomse duik-eenheid.






Comments