top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die Thaba Nchu polisie vra hulp in ‘n moordsaak

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
May 20, 2025
1 min read

Die Thaba Nchu polisie vra die publiek se hulp met inligting van 'n moord wat in die Mangaung Metro Munisipaliteit se Tabale Trust gepleeg is. Luidens ‘n mediaverklaring het die polisie ‘n noodoproep van koeiwagters onvang van ‘n liggaam wat langs ‘n bakkie in die modder in ‘n oop weiveld gelê het. Nooddienste het by die polisie op toneel aangesluit en die slagoffer dood verklaar. ‘n Voorlopige ondersoek toon dat die oorledene glo van sy aanvallers probeer vlug het. Verskeie gebruikte 9mm-patrone is op die toneel gevind. Die 72-jarige slagoffer is uitgeken en sy naasbestaandes is in kennis gestel. Indien jy enige inligting het wat die polisie kan help kan jy die Thaba Nchu-polisiestasie kontak, alternatiewelik kan inligting anoniem op die MySAPS App ingedien word.

 
 
 

Comments


bottom of page