top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die toestand van paaie in die Mangaung-metro wek kommer

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 14
1 min read

Die toestand van paaie in die Mangaung-metro en kommer oor padinfrastruktuur is tydens ’n Technical District Development Model-sitting by die Bram Fischer-gebou bespreek.


Volgens inligting wat deur die Mangaung Metro Munisipaliteit gedeel is, het

stadsbestuurder Sello More ’n beroep op sterker provinsiale ondersteuning gedoen om padinfrastruktuur in die metro aan te spreek.


Hy sê gemeenskappe is gefrustreerd oor die toestand van paaie, maar besef nie altyd dat sommige paaie provinsiale paaie is nie.


Die Vrystaatse Departement van Gemeenskapsveiligheid, Paaie en Vervoer het intussen sy padintervensiestrategie voorgelê.


Dit sluit vier modulêre brûe in, asook padinstandhouding en projekte om townships op te knap.


Volgens More is voortgesette samewerking nodig om infrastruktuurprobleme betyds aan te spreek.


Ter illustrasie. FOTO: Verskaf
Ter illustrasie. FOTO: Verskaf

 
 
 

Comments


bottom of page