Die Toyota Challenge skop af
- Saamgestel deur Jana Roos

- Jun 5
- 1 min read
Bloemfonteiners kan uitsien na drie internasionale rugbywedstryde op een dag - en op een stadion - hier in die stad. Dit is Vrydag die afskop van die Toyota Challenge, waar ses spanne mekaar in die Toyota Stadion sal pak – met die Cheetahs wat Vrydagaand 18:00 teen Cartrack Lusitanos van Portugal speel.
Die Vrystaat Cheetahs se woordvoerder, Ronel Pienaar, sê in ‘n verklaring die eerste been van die Toyota Challenge is 5, 10 en 14 Junie in Bloemfontein, voordat die tweede been in Oktober na Tbilisi in Georgia skuif.
In die openingswedstryd van die toernooi Vrydag pak Airlink Pumas vir Black Lion van Georgia om 13:30, gevolg deur ‘n wedstryd tussen die Suzuki Griquas en Romanië A teen 15:30. Die stadion se hekke maak vandag om 12:30 oop, en dit beloof om ‘n dag vol opwinding te wees vir ondersteuners van alle ouderdomme.








Comments