Die UV se Skool vir Finansiële Beplanningsreg vier 25 jaar

Die Universiteit van die Vrystaat se Skool vir Finansiële Beplanningsreg vier vanjaar sy 25ste bestaansjaar.
Volgens inligting wat deur die UV gedeel is, is die mylpaal onlangs saam met akademici, kundiges uit die bedryf, oud-studente en lede van die universiteitsgemeenskap gevier.
Die skool is in 2001 binne die Fakulteit Regsgeleerdheid gestig en was die eerste akademiese instelling in Suid-Afrika wat formele opleiding in finansiële beplanning aangebied het.
Oor die afgelope 25 jaar het die instelling verskeie geslagte finansiële beplanners opgelei en bygedra tot die ontwikkeling van professionele standaarde in die bedryf.
Die UV sê sy fokus bly op akademiese uitnemendheid, etiese praktyke en die opleiding van finansiële beplanners wat ’n betekenisvolle verskil in mense se lewens kan maak.










Comments