Die 'vader van die moderne SA TV-sitkom' word vereer

Die Afrikaanse komediepionier, Willie Esterhuizen, is met ’n ATKV-oorkonde vereer vir sy uitsonderlike bydrae tot Afrikaans en die kunste.
Volgens die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) se webtuiste is die oorkonde aan hom oorhandig as erkenning vir ’n loopbaan van meer as 30 jaar.
Esterhuizen is veral bekend vir produksies soos Orkney Snork Nie!, Vetkoek Paleis, Lipstiek Dipstiek en Molly en Wors.
Hy het die ATKV vir die erkenning bedank en ook hulde gebring aan sy familie, veral sy broer en vennoot, Pieter, asook sy "TV-vrou", Lizz Meiring, vir hul ondersteuning.
Die besturende direkteur van die ATKV, Sonél Brits, sê Esterhuizen het met sy ikoniese reekse die alledaagse Suid-Afrikaner se stories in tydlose humor omskep wat steeds vandag leef.









Comments