Die verkiesingsdatum word moontlik in Augustus geproklameer
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Apr 23
- 1 min read
Die Verkiesingskommissie (OVK) het in ʼn voorlegging aan die parlementêre portefeuljekomitee oor binnelandse sake onthul dat die verkiesingsdatum waarskynlik in Augustus geproklameer sal word. Maroela Media berig daar word tans voorberei vir ʼn munisipale verkiesing in November.
Die hoof- finansiële beampte van die Verkiesingskommissie, Dawn Mbatha, het ook in dié voorlegging haar versekering gegee dat die kommissie teen November gereed sal wees om ʼn vry en regverdige munisipale verkiesing aan te bied, ondanks ʼn begrotingstekort van R1,6 miljard. Sy het aan die komitee verduidelik hoe die Verkiesingskommissie ʼn munisipale verkiesing en twee registrasienaweke gaan befonds.
'n Begrotingstoekenning van R3,1 miljard is ontvang, maar die geraamde uitgawes beloop R4,7 miljard. Die kommissie is egter nie bekommerd nie, met Mbatha wat sê dat geld weggesit word elke jaar wat daar nié ʼn verkiesing plaasvind nie. Volgens haar het het die kommissie tans R1,1 miljard se spaargeld beskikbaar.
Daar sal 'n tweede registrasienaweek in Augustus wees, en die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, Velenkosini Hlabisa, sal die verkiesingsdatum kort daarna aankondig.








Comments