Die VN bevind Israel pleeg volksmoord in Gasa
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Sep 16
- 1 min read
‘n Kommissie van ondersoek van die Verenigde Nasies (of VN) het bevind dat Israel volksmoord in Gasa gepleeg het, en dat top beamptes, insluitend eerste minister Benjamin Netanyahu, hierdie dade aangehits het.
News24 berig die kommissie sê Israeli owerhede orkestreer reeds vir twee jaar dié volksmoordveldtog om die Palestynse groep in Gasa uit te wis. Die VN het nog nie die term "volksmoord" gebruik nie, maar is onder druk om dit te doen.
Israel baklei teen 'n volksmoordsaak in die Internasionale Geregshof in Den Haag en sê dit was selfverdediging ná die Hamas-aanvalle van 7 Oktober 2023 waar 1 200 mense dood is. In die daaropvolgende oorlog in Gasa is meer as 64 000 mense dood.
Volgens die VN se Volksmoordkonvensie van 1948 is volksmoord misdaad wat gepleeg is met die doel om 'n nasionale, etniese, rasse- of geloofsgroep gedeeltelik of in geheel uit te wis.





Comments