Die voormalige uitvoerende hoof van die POF versuim om voor Skoor te verskyn
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Nov 25
- 1 min read
Die voormalige uitvoerende hoof van die Padongelukfonds (POF), Collins Letsoalo, het versuim om voor die parlement se Staande Komitee oor Openbare Rekeninge (Skoor) te verskyn.
Skoor ondersoek ernstige finansiële wanbestuur, boeliegedrag en twyfelagtige besluite wat onder sy leierskap by die POF geneem is. Dit is nie die eerste keer dat hy versuim het om te verskyn nie.
ActionSA doen nou ‘n beroep op Letsoalo se kriminele vervolging nadat hy geweier het om aan ‘n wettige dagvaarding te voldoen. Die party sê sy verset moet beskou word as ‘n aanval op die parlement se gesag.





Comments