Die Padongelukfonds se voormalige hoof wil nie voor Skoor verskyn nie
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Oct 20
- 1 min read
Die Staande Komitee oor Openbare Rekeninge (Skoor) sê dis kommerwekkend dat die voormalige uitvoerende hoof van die Padongelukfonds, Collin Letsoalo, weier om voor hul ondersoek te verskyn.
Letsoalo betwis Skoor se gesag om die fonds se finansiële sake te ondersoek.
Hy is in April geskors ná die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) se ondersoek na ‘n huurkontrak vir die fonds se streekgebou in Johannesburg.
Die SOE het bevind dat Letsoalo ingemeng het met die verkrygingsproses en buite sy magte opgetree het.
Getuies wat by die ondersoek getuig het, het sedertdien aan die komitee gesê dat hy ook ingemeng het met SOE-ondersoeke en werknemers geïntimideer het.






Comments