Die Vrystaat teken ‘n toename in ernstige misdade aan
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 6 days ago
- 1 min read
Die Vrystaatse polisie het ‘n algehele toename in kontak- en gemeenskapsgerapporteerde ernstige misdaad gedurende die eerste kwartaal van die boekjaar aangeteken.
Kontakmisdaad het met 3.6% gestyg tot 8 817 gevalle, terwyl gemeenskapsgerapporteerde ernstige misdaad met 3.9% toegeneem het tot meer as 20 600 gevalle.
Eiendomsverwante misdaad het egter met 1.1% afgeneem.
Die polisie sê misdade wat deur polisie-optrede opgespoor is, het met 13% toegeneem, met hoër opsporings van dwelmverwante misdade, seksuele oortredings en onwettige vuurwapens.







Comments