top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die VSA maak gereed vir sy grootste finansiële aanval ooit

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 2 hours ago
  • 1 min read

Die Verenigde State van Amerika (VSA) sal na verwagting vandag die grootste finansiële aanval ooit teen ’n teenstander aankondig, met nuwe sanksies teen Iran se handelsvennote.


SABC News berig die Amerikaanse tesouriehoof, Scott Bessent, sê die maatreëls sal lande kan teiken wat voortgaan om met Iran se ekonomie en finansiële stelsel sake te doen.


Iran het intussen gedreig om alle olie-uitvoere uit die Golf te stop indien die ekonomiese oorlog voortduur.


Volgens Iran se sekretaris van die Nasionale Veiligheidsraad sal enige land wat Amerika se ekonomiese oorlog teen die land ondersteun, as ’n vyand beskou word.


Die twee lande het die afgelope weke nie militêre aanvalle teen mekaar geloods nie, maar daar is steeds geen betekenisvolle gesprekke oor die beëindiging van die konflik nie.


Ander lande, waaronder Katar, Pakistan en Turkye, probeer intussen om diplomatieke gesprekke te bevorder.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

 
 
 

Comments


bottom of page