Die weermagvakbond het vrae oor soldate se skenkings aan Kubane

Die weermagvakbond, Sanwu, vra vir ʼn onmiddellike en onafhanklike ondersoek na bewerings dat Suid-Afrikaanse weermaglede in Kuba skenkings aan behoeftige Kubane moes doen.
Daar word beweer dat weermaglede sogenaamde vrywillige skenkings van tot R15 000 uit hul toelae aan die Kubane moes skenk.
Die vakbond sê in ʼn verklaring die bewerings regverdig ʼn raad van ondersoek om vas te stel wie die skenkings gemagtig het. Die vakbond wil ook weet waarheen die geld is, wie beheer daaroor gehad het en op watter regs- of finansiële gronde terugbetaling glo vir Desember beloof is.
Luidens berigte vra lede van die parlement ook dat die minister van Verdediging en Militêre veterane, Angie Motshekga, die bewerings in die parlement gaan verduidelik.








Comments