Diens by die Lengau-toetsstasie het glo verbeter

3 days ago
1 min read
Diens by die Lengau-toetsstasie in Bloemfontein het glo verbeter, met korter wagtye en ’n vinniger afhandeling van besoeke.
Volgens die Vrystaatse Departement van Gemeenskapsveiligheid, Paaie en Vervoer het die toetsstasie verskeie verbeterings ondergaan.
Die departement sê personeel lewer nou vriendeliker en meer doeltreffende diens, onder meer met leerlinglisensie-aansoeke en voertuigpadwaardigheidstoetse.
Die departement het ook positiewe terugvoer van lede van die publiek op sosiale media gedeel.
Een inwoner sê hy was agt weke gelede binne ’n uur klaar met sy lisensie-aansoek, en het minder as vyf minute gewag om sy lisensie af te haal. Ander beskryf hul besoeke ook as vinnig en vriendelik.










Comments