Ds. De la Harpe neem afskeid

Ds. De la Harpe le Roux het ná 18 jaar as deel van sy bediening by Torings van Hoop in Bloemfontein afskeid geneem.
Volgens die NG Kerk Vrystaat was sy bediening sterk daarop gerig om mense wat kwesbaar en dikwels vergete is, met waardigheid te bedien.
Torings van Hoop het onder sy leiding onder meer ’n sopkombuis en verskeie programme vir mense in nood ontwikkel.
Le Roux het tydens sy afskeid gesê Torings van Hoop moet groter as een persoon wees en dat hy trots is op wat God deur die bediening gedoen het.
Hy tree nou uit sy rol as besturende direkteur, maar sal nog tot November as predikant in sinodale diens werk.
Vanaf Januarie 2027 verhuis hy en sy vrou, Agnieta, na Kimberley, waar hy die Noord-Kaapse sinodale kantoor sal bestuur.








Comments